CNN haat VSA Republikeine

In ’n verslag wat pas vrygestel is, word aangedui dat die vêr linkse televisie maatskappy wat CNN bedryf, ’n haat veldtog voer teen Republikeine in Amerika.

Voormalige werknemers het getuig dat hulle onder uiters moeilike omstandighede moes werk, en een persoon sê hy was verplig om onwaarhede in sy TV onderhoud kwyt te raak omdat hy afgedreig is.

Dit het daartoe gelei dat hy uiteindelik sy werk by CNN verloor het terwyl verskeie ander werknemers die en na die ander bedank het omdat hulle nie bereid was om die “anti-Trump leuens” te verkondig nie.

Die verslag toon ook dat CNN slegs van Republikeine in sy uitsendings gebruik maak wat ’n anti-Trump gesindheid openbaar.

Intussen is die Amerikaanse Prokureur-Generaal opdrag gegee om ondersoek in te stel wie agter die aksie sit wat Mueller moes ondersoek met die hoop dat die president skuldig gevind sou word van samewerking met Rusland tydens die presidentsverkiesing.

Sterk vermoede bestaan dat die inisiatief vanuit die kantore van CNN afkomstig is, nadat hulle vir weke tydens die presidentsverkiesing verkondig het dat Hillary Clinton die wenner is.

Die skrywer Stephen Moore sê die CNN netwerk saai elke uur sy negatiewe “haat Trump” berigte uit, elke dag van elke week. ’n Ander voormalige werker sê as jy Trump haat, dan skakel jy in op CNN om jou haat verder te voed.

Clinton was so geskok met die werklike uitslag, dat sy vir maande nie haar neus by die deur uitgesteek het nie, en ’n boek geskryf het om haarself te verskoon.