Carel Boshoff bedank

Die voorsitter van die Orania Beweging , Carel Boshoff , het bedank. Dit volg na verskeie klagtes teen Boshoff aanhangig gemaak is, onder andere vir die aankoop van ‘n Mercedes Benz motor en ‘n salaris verhoging van 45%  deur homself toegeken.  Die voertuig is intussen oorhandig aan die Orania Beweging. Hy gee egter drie ander redes aan vir sy bedanking nl. om plek te maak vir nuwe leiers, om sy eie persoonlike geleenthede te ontwikkel en die feit dat die struktuur van die Orania Beweging gaan verander.

Talle Afrikaners het in die verlede gesê hulle weier om na die dorpie te gaan solank Boshoff in beheer is, en sy uittrede is allerweë gesien as ’n verrassing omdat die familie lank in beheer van die gebied was.