Busisiwe Mkhwebane se nagmerrie

Busisiwe Mkhwebane

Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, het waarskynlik slapelose nagte ’n vele nagmerries oor haar eie verslag om Pravin Gordhan te veroordeel.

Indien sy die hofgeding wat Pravin Gordhan begin het om sy naam in ere te herstel nadat die OB hom van onregmatige optrede beskuldig het in haar verslag, sal dit die einde van haar loopbaan kan beteken.

Sy is reeds dur die Grondwethof betig en veroordeel dat sy ongrondwetlik opgetree het en haar verslag dus ongeldig verklaar is.

Nou staar sy die gereg in die oë met Gordhan se saak in die hersieningshof, wat sy nie durf verloor nie, anders verloor sy heelwaarskynlik ook haar pos as Openbare beskermer.

Die vorige hofgeding het skerp gereageer oor haar “ongrondwetlike” optrede, en kenners het begin betoog in die media dat sy nie geskik is vir die amp waarin Jacob Zuma haar aangestel het nie.

Dit is bekend dat sy ’n Zuma-aanhanger was (of is) terwyl Gordhan ’n Ramaphosa ondersteuner is.

Meningsvormers is oortuig daarvan dat die Openbare Beskermer ondersoek word weens haar bedenklike optrede met verslae.