BUSA trek te velde teen OB

Doe OB

Die SA Kamer van Koophandel en Industrieë se in ’n verklaring dat hy bekommerd is oor die sakeonderneming BUSA wat ’n affiliasie lid is, se uitspraak dat die Openbare Beskermer,  Busisiwe Mkhwebane, uit haar pos ontslaan moet word.

Die geaffilieerde organisasies het glo nie ’n mandaat gekry om ’n versoek te rig aan die land se Nasionale Vergadering om die Openbare Beskermer te onthef van haar pos nie.

BUSA het die nuut verkose speaker van die parlement,  Thandi Modise, verwittig dat Busisiwe Mkhwebane van haar pos verwyder behoort te word.

Dit is aangevoer dat die OB se talle misstappe en ongrondwetlike optrede sedert sy haar kantoor betrek het, onaanvaarbaar is.

Die druk word al meer toegepas uit verskillende oorde dat sy nie geskik is vir die pas waarin Zuma haar aangestel het nie.