Bure sê Maduro beskerm terroriste

Lima leiers

Die Suid-Amerikaanse state, wat almal lis is van die Lima Groep het met hul jongste byeenkoms ’n verklaring uitgereik waarin beweer word dat die Venezuela president, Nicolas Maduro, terrorisme ondersteun.

Die Groep sê president Maduro beskerm rebelle en terroriste wat in die buurland, Columbië aktief betrokke is.

Die Lima Groep het maande gelede in ’n gesamentlike verklaring gesê die president van Venezuela word nie langer erken as staatshoof nie, en steun voortaan die “tussentydse president”, die opposisieleier, Juan Guaido.

Die 12 state in die Lima Groep het intussen ook hulle druk teen Maduro verskerp, en gesê enige poging van Maduro om die bewind van Columbië se president Ivan Duque te ondermyn sal teengestaan word.