Britte kry vroulike Minister van Verdediging

Penny Mordaunt

Kort nadat die Britse Eerste Minister, Theresa May, die Minister van Verdediging afgedank het, het sy die plaasvervanger aangekondig.

Premier May het Gavin Williamson afgedank nadat hy hom skuldig gemaak het met die uitlek van hoogs vertroulike inligting oor spioenasiewerk dur die finansiële hoof van ’n Sjinese maatskappy.

Die nuwe Minister van Verdediging, Penny Mordaunt, neem onmiddellik die plek in as Minister, en is sy die eerste dame wat die senior pos beklee.

Premier May het reeds sowat 8 ministers in haar kort bestaan as Eerste Minister vervang, maar het nie gehuiwer om iemand t vervang wat bedenklike optrede gehad het nie.