Brittanje waarsku Iran – Moenie Trump daag

Brittanje het die regering van Iran gewaarsku om nie die geduld van President Donald Trump te toets nie, en ook nie die VSA nie.

’n Britse woordvoerder het gewaarsku dat Iran nie betrokke moet raak in enige aanvalle op Amerikaanse belange in die Midde-Ooste nie, want dit kan ’n gevaarlike spel wees.

Die Sekretaris van Buitelandse Sake in Brittanje, Jeremy Hunt, sê Iran moet onder geen omstandighede die Amerikaners onderskat nie.

Hunt het die opmerkings gemaak tydens ’n toespraak in die Wereld Gesondheid Vergadering in Genève.

Hy het beklemtoon dat die VSA nie in ’n oorlog met Iran betrokke wil raak nie, maar as die VSA se belange aangeval word in die Midde-Ooste, sal Amerika met ’n groot aanslag reageer.

“Dit is iets waaroor Iran eers met versigtigheid moet dink voor hulle iets sou doen”, het Hunt gesê.

Later is berig dat Iran gesê het hy oorweeg nie oorlog met die VSA nie, maar waarnemers reken die opmerking was bedoel om te dien as weerlig afleier.