Borge onttrek om Bolsonaro te boikot


President Jair Bolsonaro

Uit Rio De Janeiro word berig dat Delta Air Lines, The Financial Times en Bain & Co gesamentlik besluit het om as borge te onttrek wat President Jair Bolsonaro van Brasilië sou steun met sy bywoning van ’n swierige seremonie in New York.

President Bolsonaro is deur die VSA uitgenooi na die geleentheid wat aangebied word waartydens hy vereer sal word, maar die drie maatskappye het onttrek nadat hy na bewering rassistiese uitlatings gemaak het.

Bolsonaro sou in New York vereer word met die toekenning as “Die 2019 Persoon van die Jaar” wat aangebied word deur die Brasilië-Amerikaanse Kamer van Koophandel met hulle spog dinee.

Met die groot ontevredenheid onder kiesers, het die president egter besluit om nie die glansgeleentheid by te woon nie, en die aanbieders sy verskoning aangebied.