Beswaar teen Puigdemont EU kandidatuur

Carles Puigdemont

Die Verkiesingskommissie in Spanje het die voormalige separatiste leier van Katalonië, Carles Puigdemont, se registrasie as kandidaat vir die Europese Parlement verwerp.

Die verkiesing wat gedurende Mei vanjaar plaasvind, word beskou as van die belangrikste verkiesings met die opkoms van nasionalisme in talle Europese lidlande.

Kataloniërs is angstig dat hulle leier weer in die politieke arena moet funksioneer, en het uitgesien na die dag wat hy as lid van die Europese parlement verkies sou word.

Puigdemont word deur die Spaanse owerheid vervolg nadat hy ’n onafhanklikheidsverklaring onderteken het in 2017 waarin hy Katalonië se vryheid met ’n referendum bevestig het.

Die Spaanse owerheid het die verklaring verwerp en ingegryp deur verskie separatiste leiers en parlementslede van Katalonië gearresteer en tronkstraf opgelê.

Puigedemont het egter saam met twee ander parlementslede na België uitgewyk waar hulle tans woon.

Die regering van Spanje beskou Puigdemont as ’n rebel, en indien hy sou terugkeer na Spanje, sal hy gearresteer en tronkstraf opgelê word.