Bekende sanger oorlede

Jaco Pieterse

’n Goeie vriend van die Afrikanervolk en ook van die destydse Boere-Afrikaner instelling, Radio Pretoria, is op 25 April oorlede.

Jaco Pieterse was een van Suid-Afrika se meer begaafde kunstenaars wat nie geskroom het om sy standpunt oor volksvryheid te verdedig nie, en het hom deurgaans geskaar by die aktiwiteite van sy volk.

Die Vryburger bring hulde aan hierdie begaafde kunstenaar wat sy aanhangers met sy besonder sang talent meegevoer en volksgenote deur woord en daad tot nuwe hoogtes geïnspireer het.