Australiese verkiesing lewer verrassing

Premier Scott Morrison en gade

Te midde van weke lange voorspellings en meningspeilings in Australië dat die Arbeidersparty die algemene verkiesing sal wens, het die konserwatiewe Liberale Party van premier Scott Morrison weer ’n oorwinning behaal.

Teen vroegaand Saterdag het die leier van die Arbeidersparty die Eerste Minister gelukgewens met sy oorwinning.

Teen daardie tyd was al die uitslae nog nie bekend nie, maar het die konserwatiewes reeds 74 van ’n vereiste 76 meerderheid gehad.

Na verwagting sal die Eerste Minister se koalisie met ’n groter meerderheid terugkeer na die parlement.