Argentinië: Oud president opponeer president Macri

Cristina Fernández de Kirchner

Die president van Argentinië is glo bekommerd oor die komende presidentsverkiesing wat in Oktober gehou word.

Die voormalige president, Cristina Fernández de Kirchner, is ’n kandidaat vir die amp as visepresident, en ’n voormalige politieke adviseur, Alberto Fernández, is kandidaat vir die amp as president.

Die konserwatiewe President Mauricio Macri het ’n gemaklike oorwinning behaal in die vorige presidentsverkiesing toe hy die dame en vorige president Cristina Fernández oorwin het.

Nou keer sy terug, en alhoewel sy as visepresident beskikbaar is, sê politieke ontleders dit is ’n slenter, en sy sal as visepresident die septer swaai indien sy die meerderheid steun geniet.

Verskeie politieke kenners meen egter die Macri-regering het tot hede goed gevaar, en sal weer verkies word in die Oktober verkiesing, veral omdat die vele misstappe van Cristina Fernández nog nie vergeet is nie.