Arabiese lande vergader oor aanvalle

Leiers uit die Arabiese wêreld het beweeg na Saoedi-Arabië om ’n dringende noodvergadering by te woon met die hoop dat ’n sterk boodskap oorgedra sal word aan Iran.

Saoedi-Arabië het die uitnodigings gerig tot die lande, sowat die aanvalle op die Gholf gebied se olievelde en raffinaderye verlede maand, bespreek en gesamentlike besluite geneem kan word.

Saoedi en die Verenigde Arabiese Emirate wat samesprekings met Washington gevoer het, om die vermoedelike optrede van Iran of sy betrokkenheid by die aanvalle, deeglik te ondersoek, wil egter voorkom dat ’n oorlog ontstaan nadat ’n hommeltuig ’n olie aanleg beskadig het.

Saoedi en die VA Emirate het albei deurgeloop onder die aanvalle toe hulle olie belange beskadig is.

Arabiese lande beskuldig Iran en sy vennoot, die Houti-groep vir die aanvalle, en met die VSA se uitlatings dat dit “byna seker is” dat Iran betrokke is by die aanvalle op handelskepe, het Saoedi besluit om die krisis met ander Arabiese lande op te neem om oplossings te vind.