ANC verloor steun

Die ANC sal steeds die land se regeerder wees vir die komende termyn van 5 jaar, maar of hulle daarna nog die bewind gaan hou, word betwyfel.

Alhoewel die stemme nog nie klaar getel is nie, word dit al duideliker dat die regime van Cyril Ramaphosa ’n laagtepunt in gewildheid bereik het, en gaan na verwagting 5 tot 6% steun afstaan aan ander partye.

’n Politieke ontleder het aan Die Vryburger gesê die ANC sal waarskynlik 58% van die stemme op hom verenig, wat aansienlik minder is as wat in 2014 behaal is.

Die tendens kan ook ’n duidelike vingerwysing na die ANC se president wees, wat allerweë gewantrou word.