ANC verloor steun by kiesers

Met slegs enkele dae oor voordat die verkiesing duisende mense na stemlokale sal laat stroom, blyk die volgens die jongste meningspeiling dat Ramaphosa se steun minder is as waarop gehoop word.

Die opname wat gemaak is deur die SA Instituut vir Rasse Aangeleenthede blyk dit dat die ANC sowel as die DA steun verloor.

Volgens die peiling het die ANC se steun die afgelope twee maande met meer as 5% gedaal tot ’n nuwe laagtepunt van 49.5%.

Hierdie onverwagse skerp daling beteken dat die party moontlik beheer gaan verloor in meer as een provinsie.

Die gevaar wat wag op die ANC is dat ’n laer stempersentasie ook ’n ernstige gevolg inhou vir Cyril Ramaphosa, en die berekeninge wat gemaak word toon dat ’n lae stempersentasie die ANC se steun kan laat val na 39%, wat noodlottig sal wees vir Ramaphosa se bewind.

Kenners reken egter dat die peilings wat oor die afgelope 20 jaar in Suid-Afrika gedoen is, uiters onbetroubaar is.