ANC sê Pretoria Privaatskool is onwettig

Die ANC se Departement van Onderwys sê die Northridge Academy in Pretoria-Noord is onwettig in bedryf, maar die skool se woordvoerder ontken dit ten sterkste.

Die Departement sê die skool is nie geregistreer by hulle nie, en ook nie by die Onafhanklike Skool Assosiasie nie, wat daarop dui dat die skool onwettig funksioneer.

Ouers in die Pretoria-Noord omgewing was ontstel oor die Departement se bewerings, maar die woordvoerder van die skool sê daar is niks om weg te steek nie, en die skool opereer nie onwettig nie.

Amy Barr-Sander van die Onafhanklike Skool Assosiasie van SA sê die skool is ook nie by hulle geregistreer nie.

Die skoolhoof, Simone Fourie, sê egter daar is niks onwettigs nie want die skool is geregistreer by Impak, die instansie wat geregistreer is vir tuis onderrig van skoliere.