ANC jeug gaan nie stem

Meer as 6 miljoen van die jong swartmense in Suid-Afrika is nie geregistreerde kiesers nie en stel nie belang om te gaan stem nie.

Die miljoene swartmense wat almal gebore is na die beeïndiging van ’n blanke regering in 1994, het geen lus vir die sogenaamde “apartheid praatjies” van politieke leiers nie.

Met meer as 50% van die jonger swartmense in die ouderdom 18 tot 30 jaar, het nie as kiesers geregistreer nie, en ken nie die verlede van “apartheid” en die sogenaamde “struggle” nie, en is begaan oor die weeklike lewe waar hulle nie werk kry nie.

Die jeug, wat glo ook nie belang het by die ANC se Jeugliga nie, het 25 jaar gelede se gebeure nie beleef nie, en ken Suid-Afrika slegs as ’n land wat deur die ANC regeer word, en is dus ni begaan oor Ramaphosa se verkiesing nie.

Die toestand kan ’n ernstige invloed hê op die ANC aangesien die grootste aantal studente op kampusse geneig is om met die Malema party te assosieer.