ANC Beloftes gou vergete

In ’n meningspeiling wat gehou is onder sowat 60,000 mense in Suid-Afrika, toon dat die verkiesingsbeloftes gou soos mis voor die wolke gaan verdwyn.

Meer as 65% van die deelnemers reken die Ramaphosa-regime gaan nie sy verkiesingsbeloftes nakom nie.

Slegs 28% glo dat die regering enkele beloftes nal nakom, terwyl 8% van mening is dat die regering wel sy ondernemings tot uitvoer sal bring.

Reaksie hierop het wyd neerslag gevind in die sosiale netwerk, en mense sê dit is een van die hoofredes waarom 230,000 mense hulle stembrief bederf het.

Van die kiesers sê die leuens wat die ANC president die afgelope jaar kwytgeraak het, hulle tot die besef gebring het dat die verkiesing hoogstens as ’n poging gesien kan word om die wêreld te flous.