Amazon maak gereed vir maanreis

Die stigter van die sakereus Amazon, het gesê “dit is tyd om terug te gaan na die maan” en bygevoeg dat die tyd naby is om pense te vervoer na die maan en terug.

Jeff Bezos het die afgelope week bekendgemaak dat sy maan landingstuig reeds ontwerp is dur sy “ruimtevaart” maatskappy, bekend as “Blue Origin” wat mense heen en terug kan vervoer.

“Dit is ’n voertuig met besondere eienskappe wat die mense sal vervoer”, het hy gesê sonder om in die besonderhede daarvan in te gaan.

Die tuig is ’n robotagtige skip wat ongeveer die grote van ’n kleiner woonhuis het wat vier ruimtereisigers per rit kan dra, en sal eersdaags gereed wees om die eerste mense na die maan te neem.

Bezos word beskou as die wêreld se rykste mens, en sy “Blue Moon” projek is volgens waarnemers, slegs ’n klein speelveld waarmee hy sy rykdom verder gaan vergroot.