Afrikaans klop baie wêreldtale

In ’n peiling wat wêreldwyd op die internet gedoen is, het Afrikaans se uitspraak en sy harmonieuse klanke hom die tweede plek van die wêreld se tale besorg.

Nieu-Seeland se uitspraak met Engels het heel bo beland, met Afrikaans kort op sy hakke in die tweede plek.

Die deelnemers het ook gelet op die klanke wat voortgebring word, en dit het Ierland se Ierse klanke in die derde plek gebring.

Die Engels wat in Suid-Afrika gebesig word, het 25 ste plek behaal, en meningsvormers reken dit is vanweë die algehele vreemde wyse waarop prominente mense die taal gebruik.

’n Taalkenner het aan Die vryburger gesê dit is nie vir Afrikaners vreemd dat hulle een van die wereld se mooiste tale het nie, “maar dit val ook soet op die oor”.