Ace betrokke by nog meer skandale

Ace Magashule

Die ANC se Sekretaris-generaal, Ace Magashule, bly in ’n donker wolk van beskuldigings dat hy by meer korrupsie skandale betrokke kan wees.

Ace en sy kamerade staan voor beskuldigings dat hy by by tenders betrokke is waar kontrakte deur die Vrystaatse premier glo toegestaan is, waarvan sekere kontrakte aan maatskappye toegeken is waarby Ace ook betrokke is.

Dit blyk dat die kontrakte sowat R1,47 miljard beloop wat uit die Vrystaat se begroting gehaal is.

Die ANC het glo gesê Magashule mag nie die party as platform gebruik om sy saak te verdedig nie, maar hieraan het die Sekretaris-generaal hom nie gesteur nie.

Waarnemers vind dit vreemd dat die ANC president, Cyril Ramaphosa gediend is om so ’n persoon steeds in ’n senior amp aan te hou.