Aanlyn toelating van skoliere opgeskort

Die departement van Onderwys het sy stelsel opgeskort waarvolgens ouers aanlyn hulle aansoeke om toelating kon doen.

Die aanlyn fasiliteit is opgeskort tot 20 Mei omdat die huidige stelsel blykbaar te ingewikkeld is vir ’n deel van die bevolking.

’n Vereenvoudigde stelsel sal na 20 Mei beskikbaar gestel word waarin die ours stap vir stap touwys gemaak sal word oor wat om waar in te skryf.

Die reëling volg nadat klagtes geopper is dat almal nie verstaan hoe om die vorm aanlyn in te vul wat van toepassing is op kinders in Graad 1 asook vir Graad 8 leerlinge se toelating in 2020 skooljaar.

Aansoeke moet aanlyn gedoen word en sal tot 22 Julie 2019, om 24:00 toegelaat word.