Zuma steek miljoene weg in Nkandla

Jacob Zuma

Die “Sunday Times” berig dat die voormalige ANC president, Jacob Zuma, het nie net die Libiese diktator, Muammar Gaddafi en sy familie beskerm in 2011 nie, maar het ook miljoene Rand in Nkandla weggesteek.

Die miljoene dollar waarna verwys word, staan bekend as die “Gaddafi vermiste miljoene” en word op sowat $30 miljoen (ongeveer R400 miljoen) gestel.

Die geld was glo aan Zuma toevertrou deur die diktator Caddafi, ingeval hy iets sou oorkom of ontvoer sou word.

Na bewering het Zuma die geld veel later, klaarblyklik na Caddafi se dood, aan Koning Mswati gestuur wat blykbaar verlede week bevestig is aan die ANC president Ramaphosa.

Vroeër het Zuma ontken van die geld in sy besit, en die vorige Openbare beskermer, Thuli Madonsela, is met haar ondersoek na die destydse Nkandla-skandaal, toegang tot die perseel geweier.

Bewerings word nou gemaak dat Jacob Zuma beplan het om die $30 miljoen om t skakel na die Suid-Afrikaanse Rand vir sy eie rekening wat hom instaat sou stel om sommer sy groot rekening aan regskoste kon aflos..