Wetenskaplikes sien ruimte “swart gat”


Wetenskaplikes het vir die eerste keer daarin geslaag om die veelbesproke “swart gat” in ruimte te sien deur middel van kragtige teleskope.

Die opspraakwekkende deurbraak is moontlik gemaak deur k=agt kragtige teleskoop netwerke gesamentlik in te span om die ontdekking te maak.

Die swart gat is sowat 40 miljard kilometer in grote, wat ongeveer 3 miljoen ker groter as die aarde is.

Die swart gat is so ’n “kragtige” verskynsel waarin gas teen ’n hoe spoed beweeg dat dit miljarde grade van hitte opwek wat dan vanweë die temperatuur helder lig is.

Dit is egter op hierdie stadium nog net ’n teorie wat later verder ondersoek sal word deur die wetenskaplikes wat met entoesiasme “die nuwe ere in die ruimte navorsing” ingelei het.

Die ontdekking is moontlik gemaak deur die agt radio teleskope gesamentlik in ’n netwerk te gebruik in die navorsing, maar sedert 2016 is die groot aantal teleskoop skottels opgestel om die swart gat te probeer opspoor.