Wêreldoorlog bom ontplof

Die ontploffing

Spesialiste in Duitsland het opdrag gekry om ’n Amerikaanse bom, wat in die Tweede Wêreldoorlog nie ontplof het nie, onskadelik te maak ter beveiliging van die mense in Frankfurt.

Die spesialiste het die bom laat ontplof in een van die groot riviere in die ou deel van die stad, maar nie voordat ’n span werkers die mense moes weglei uit sie gebied nie.

Meer as 600 inwoners in die omgewing van die rivier is begelei om voor die ontploffing, die terrein te verlaat.

Sowat 350 brandweer personeel, polisiebeamptes, en Rooi Kruis werkers  was aan diens om te verseker dat enige moontlike ongevalle dadelik aandag sou kry.

Die spesialiste moes die 250 kilogram bom van Amerikaanse afkoms op die diepste plek in die rivier laat ontplof, maar ander plofstof is gebruik om die bom op te blaas sodra dit in die rivier beland het.

Water het sowat 30 meter hoof die lug in geskiet toe die bom met ander plofstof vernietig is, en die deeglike maatreëls wat getref is, het verseker dat geen ongevalle of skade veroorsaak is nie.