Wêreld se grootste vliegtuig getoets

Die Stratolaunch is die wêreld s grootste vliegtuig, en is ontwerp om die lansering van satelliete in die ruimte te plaas.

Hierdie reuse vliegtuig sal ook later aangewend word om mense die ruimte in te neem na ander planete.

Die tuig is die afgelope week in die woestyngebied van Kalifornië in die VSA suksesvol op sy toetsvlug geneem en het perfek geland met sy 28 wiele na afloop van die vlug.

Waar ’n groot Boeing vliegtuig met twee reuse enjins toegerus is, het die Stratolaunch ses van dieselfde soort.

Die reuse Airbus A380 vliegtuig lyk na ’n mini-tuig langs die nuwe vliegtuig waarvan die vlerkspan langer as ’n rugbyveld is.

Stratolaunch Systems, die ruimtevaart vervoermaatskappy is die grootste bydraer tot die nuwe projek, en het ten doel om ruimtevaart ’n vlak hoër te neem deur nie van vuurpyle gebruik te maak ni.

Die reuse tuig is in sy toetsvlug vir sowat 2,5 uur lank in die lug gehou, en het ’n snelheid van meer as 300 kilometer per uur behaal op ’n hoogte van meer as 5,000 meter.

Die vliegtuig met ’n wydte van 117 meter weeg 220 metrieke ton, het twee afsonderlike kompartemente, en word aangedryf deur ses enjins van ’n Boeing 747 vliegtuig.