Wêreld Nuusflitse

Australië

Premier Schott Morrison het beloof om strenger maatreëls in te stel teen toelating van onwettige immigrante en vlugtelinge indien hy op 18 Mei weer verkies sou word om die land te regeer.

Sri Lanka

Die inwoners van Sri Lanka het gehoor gegee aan die regering se oproep om eerder Sondag se kerkbywoning te laat vaar uit vrees vir nog ’n terroriste aanval nadat 15 mense in ’n opvolg aanval gedood is.

Soedan

Die militaristiese owerheid van Soedan het ’n ooreenkoms van gesamentlike regering met die burgerlike opposisie bereik, met die voorwaarde dat die huidige militêre Raad s lede nie deel sal wees van die nuwe Raad nie.