Wêreld eis Libiese leiers moet konflik vermy

Die wêreld se leiers, waaronder die verenigde Nasies, die G& lande en Rusland het almal ’n beroep gedoen op die Libiese leier, Khalifa Hifter, om sy opmars na Tripoli te stop.

Die dringende oproep uit verskillende oorde kom nog voordat die komende vredes konferensie gehou word.

Die G7 lande het gewaarsku dat hulle nie die opmars van Khalifa Hifter sal aanvaar nie, sê die Duitse Minister van Buitelandse Sake.

Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad het ook gesê die veldtog moet gestop word, en Rusland het versoek dat dringende dialoog met die verskillende partye gevoer moet word.

’n Oproep is op Libiese leiers gedoen om die komende Konferensie vir Vrede by te woon ten eind bloedvergieting in ’n burgeroorlog te voorkom.

Rusland het wel saamgestem dat konflik vermy moet word, maar ook die blaam op Navo geplaas wat die spanning veroorsaak het met die uitskakeling van Gaddafi etlike jare gelede.