Watson’s se windplaas kry wind van voor

Die voorgestelde windplaas in die Groot Winterhoek omgewing is tydelik gestop nadat die Minister van Omgewingsake, Lindiwe Zulu, teen die oprigting gekant was.

Die Watson-familie bestaande uit vyf lede is die direkteure van Inyanda Energy Projects wat die plaas op Ronnie Watson se plaas wil oprig. 

Die SA Wildernis Stigting,  Birdlife SA,  die Oos-Kaap omgewing spesialis, dr. Paul Martin, prof. Gavin McLachlan en dr. Werner Illenberger, ook ’n omgewing spesialis, is die groepe wat die appel teen die oprigting van die plaas gebring het.

Die oprigting van die windplaas sou waarskynlik groot voordeel inhou vir die Watsons, en die mening is uitgespreek dat dit nog ’n poging is om miljoene Rand te “verdien” op ’n projek wat hoegenaamd nie in die gebied moet wees nie.