Water: Die groter krisis kom

Verwoerd Dam in Oranjerivier

Eskom is ’n krisis simbool wat elke inwoner wat gereeld sy rekening vir kraggebruiker vereffen, rooi om die boordjie maak met elke beurtkrag wat mense tot stilstand dwing en die ekonomie verder verwoes.

Dit is egter iets waaraan mense gou gewoond geraak het, en nou sit Suid-Afrika met ’n veel groter probleem – water!

Die Vaaldam se wat is so vergiftig dat dit onbruikbaar geraak het, die Hartbeespoortdam is nie veel anders nie, en die geld om dit reg te stel, is nie beskikbaar nie.

Die land het kennis geneem van die krisis waarin die Was-kaap verlede jaar was, ’n hoe water besparings afgedwing moes word om ’n algehele ramp te voorkom.

In Transvaal is nie ’n seegebied waaruit water gepomp en ontsout kan word nie, en die bronne wat bestaan en bruikbaar is, is nie voldoende om in die aanvraag te voldoen nie.

Deskundiges het aan Die Vryburger gesê daar is te veel krane wat oopgedraai word en nooit toegedraai word nie. Daar is te veel waterpype wat nie herstel word nie en water vloei in die strate soos jong spruite.

Uiteindelik gaan die mense baie swaar betaal aan hierdie vermorsing wat plaasvind, is gesê.