Wapen wedloop kom, sê Navo

Jens Stoltenberg

In ’n toespraak voor die Amerikaanse Kongres het Jens Stoltenberg, die hoof van die Noord-Atlantiese Verdrag Organisasie (Navo) gewaarsku dat die moontlikheid bestaan van ’n wapen wedloop tussen die ooste en Weste.

Hy het die opmerking gemaak nadat hy hoofsaaklik gehandel het oor die uitgawes van verdediging in Afghanistan, en bygevoeg dat die tweede Koue Oorlog kan begin.

Hy het gevra dat alles moontlik gedoen moet word om ’n wapen wedloop met Rusland te vermy omdat dit tot niemand se voordeel sal lei nie.

Jens Stoltenberg het nie nagelaat om President Donald Trump se optrede te prys nie, en het gesê die president se wyse om ander Navo lande te beweeg om hulle deel tot Navo se verdediging te bring, uitstekend gewerk het.

Stoltenberg was in Washington vir die 70 ste herdenking van Navo se bestaan waarvan die VSA ’n reuse bydrae oor al die jar gemaak het.