Vyf redes waarom Trump kan wen

Die eerste politieke skote klap in die VSA om die presidentskap te verower, en daarvoor het vyf linkse Demokratiese Party ondersteuners hulle gereed verklaar om te veg.

Die vyf kandidate is volgens politieke ontleders nie een sterk genoeg om President Donald Trump uit die Wit Huis te verdryf nie, maar die moontlikheid dat Nommer ses dalk kan opdaag, is nie uitgesluit nie.

Daar is egter vyf ander redes waarom die president se kanse goed is om weer gekies te word en ’n tweede termyn in die Wit Huis deur te bring.

Die ekonomie wat onder President Trump se leiding gegroei het teen ’n ongekende tempo, is een van die redes, want Amerikaners stem ook met hulle beursie in die een hand.

Die swak hantering van die Demokrate, en hulle nog swakker argumente oor die onwettige immigrante, gaan hulle saak om teen Trump te veg, baie bemoeilik.

Die opkoms van sosialisme onder die Demokrate is kommerwekkend en laat Republikeine met groter drif werk om Trump aan bewind te hou en te verseker dat die selfverklaarde sosialis, Bernie Sanders, nie die finale presidentskandidaat word vir die demokrate nie.

Met die nuwe besonderhede soos vervat in die Mueller-verslag, gaan die Demokrate ’n opdraande stryd hè teen President Trump. Waar die Demokrate saam met die linkse media vir twee jaar beskuldigings teen die president gegooi het dat hy met die Russe gekonkel het, is die bordjies nou verhang, want die verslag wys op Barack Obama en sy meelopers wat by die Russe betrokke was.

Wie ook al die amptelike presidentskandidaat vir die Demokrate mag wees, sal die Russiese saak nie kan verdedig nie.

Dan is die Demokrate ook vasgevang binne die landswette, waarvan sommige van sy vyf kandidate nie gaan ontkom nie, want daar is ’n geraamte……

Met harde werk, netjiese optrede, en ’n spanbestuurder in die president se kamp, sal dit baie verg om hom uit die Wit Huis te kry met die 2020 presidentsverkiesing.