Vyf Algeriese miljardêrs gearresteer

Minstens vyf miljardêrs in Algerië is die afgelope wek gearresteer op aanklag van korrupsie, het die land se hoof van die Weermag gesê.

Die protes teen die huidige militêre bewind wat in plek gekom het na die arrestasie van die president, duur steeds voort te midde van die militariste se versekering dat ’n verkiesing in Julie gehou sal word.

Aanvanklik het die militêre offisiere aangedui dat hulle die land vir twee jaar sal regeer, waarna verkiesings gehou sal word, maar die kiesers het net al meer betoog en geëis dat verkiesings onmiddellik gehou word.

Die vyf miljardêrs se arrestasie is nie deur die polisie verduidelik nie behalwe om te sê dat hulle weens korrupsie vervolg en voor die hoogste hof gebring word.

Met die Weermag van Algerië as die grootste gesagsliggaam, wou vir twee jaar beheer oorneem van die regering, maar die deurlopende protes van die kiesers wat ’n weersin gekry het in militêre beheer, se druk het so erg geword dat die militariste uiteindelik ingestem het tot ’n verkiesing in Juliemaand vanjaar.