VSA weier Internasionale Hof aanklaer


Fatou Bensouda

Fatou Bensouda, die hoof aanklaer van die Internasionale kriminele Hof, is toegang tot die VSA geweier en haar visum ingetrek.

Verlede jaar het sy ’n ondersoek geopen na beweerde oorlog misdade dur die Amerikaanse troepe in Afghanistan.

Die kantoor van die hoof aanklaer het die optrede teen Fatou Bensouda skerp gekritiseer maar bygevoeg dat sy steeds sal kan voortgaan met haar werk deur na new York te reis waar sy verslag moet doen in die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad.

Die bewering word gemaak dat die Trump administrasie vergeldend optree teen die hoof aanklaer wat ondersoek wou instel na beweerd oorlogsmisdade van die Amerikaners.

Fatou Bensouda was van plan om Amerikaanse troepe en CIA amptenare te ondersoek, wat daartoe gelei het dat sy nie toegelaat is deur die VSA regering nie.

Die Trump regering het daarop gewys dat hy nie ’n lid van die Internasionale Kriminele Hof is nie, en derhalwe nie die ondersoek na sy troepe sal toelaat nie.