VSA Weermag verbied “trans-geslag” lede

Die Verenigde State van Amerika het Vrydag nuwe maatreëls in plek gekry wat mense wat “trans-geslag” ondergaan het, nie toe te laat in die Weermag nie.

Die maatreël is aanvaar na ’n voorstel van president Trump oorweeg is wat reeds in 2017 op die sosiale netwerk in die vooruitsig gestel is.

President Trump het toe reeds bekendgemaak dat hy die soort mense uit die weermag wil hou aangesien dit bykomende koste veroorsaak, terwyl dit ook tot spanning kan lei wat nie tuishoort in die Weermag nie.

Die besluit is verwelkom dur die meer konserwatiewe kiesers, maar verskeie linkse Demokrate het hulle teenkanting bekendgemaak.

Die Menseregte organisasie in die VSA het ook hulle teenkanting uitgespreek, maar die Trump-regering het voortgegaan met die implementering van die maatreël wat net op “trans-geslag” persone van toepassing is.