VSA vra Maduro: Stel paaie oop

Mike Pompeo         

Die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Mike Pompeo, het ’n beroep gedoen op die president van Venezuela, Nicolas Maduro, om die versperrings op die brûe van snelweë te verwyder.

Hy vra dat Maduro die snelweë moet oopstel sodat toegang tot Venezuela moontlik is vir die instansies wat noodvoorraad en hulp wil aanbied weens die tekort aan lewensmiddele in die land.

Minister Popeo het Nicolas Maduro versoek om te bedank en ’n waarskuwing tot Rusland en Kuba gerig oor hulle betrokkenheid in Venezuela.

Minister Pompeo het gevra dat Venezuela sy optrede moet verander, en die president se bedanking gevra nadat hy die vlugtelinge kamp in Columbie besoek het waar honderd inwoners uit Venezuela tans woon omdat hulle nie kan oorleef in hulle eie land nie.

Meer as 3,5 miljoen mense van Venezuela verkeer tans in uiterste ellende weens ’n tekort aan noodsaaklike lewensmiddele in hulle eie land.