VSA versoek VN om Juan Guaido te erken

Visepresident Mike Pence

Die tyd het aangebreek vir die Verenigde Nasies om Juan Guaido te erken as die werklike president van Venezuela, is die betoog wat die Amerikaanse Visepresident, Mike Pence in die Algemene Vergadering gevoer het.

Met die woorde het die VSA begin om druk toe te pas vir die aanvaarding van ’n resolusie om die opposisieleier van Venezuela te erken as die president van die land.

Visepresident Pence het gesê dit is noodsaaklik om Juan Guaido as die werklike president van die land te erken in plek van die omstrede diktator, Nicolas Maduro, wat die land ekonomies vernietig.

Pence het hom tydens sy rede, ook gerig tot die VB ambassadeur van Venezuela en gesê hy hoort nie eers in die vergadering nie, maar moet eerder terugkeer na sy land en aan Nicolas Maduro gaan sê dat sy tyd om is en hy uit die politiek moet tree.