VSA vegvliegtuie nie beskikbaar vir Turkye

Die Amerikaanse vegvliegtuie is nie langer beskikbaar om aan Turkye te lewer in die lig van die land se verhouding met Rusland.

Die besluit is geneem nadat die Turkse regering besluit het om die Russiese S-400 missiel stelsel aan te koop.

Die gevorderde F35 vegvliegtuie van Amerika wat aan Turkye gelewer sou word, is gestaak en sal nie verder afgelewer word nie.

Die Amerikaanse Pentagon het die inligting Dinsdag bekend gemaak en gesê die besluit spruit uit Turkye se aankoop van die Russiese missiel afweerstelsel.

Die VSA het ook versoek dat Navo bedag moet wees op die handelinge van Turkye in die lig van sy aankope by Rusland.

Die S-400 missiel afweerstelsel word beskou as een van die wêreld se meer gevorderde stelsels, en talle lande het reeds hulle bestellings gplaas.