VSA: Robert Mueller in spervuur

Die voormalige FBI direkteur, Robert Mueller,  wat opdrag gekry het om president Donald Trump se verbintenis met die Russe te ondersoek, is nou self in die spervuur.

Mueller en sy span ondersoekers, wat almal Demokratiese Party ondersteuners is, het twee jaar lank gewerk aan die ondersoek, klaarblyklik met die hoop om die president skuldig te vind aan samewerking met Rusland.

Die verslag is na twee jaar se ondersoeke, uiteindelik vrygestel waarin onomwonde bevestig is dat daar geen samewerking tussen Trump, of enige van sy verkiesing se helpers betrokke was by sodanige samewerking komplot nie.

Michael B. Mukasey, het egter die Republikeine laat regop sit met die indringende vrae wat hy aan Mueller stel, waarvan die belangrikste is dat hy aan Amerika moet sê wanneer hy bevind het dat Trump onskuldig is, en waarom het hy dit nie onverwyld bekendgemaak nie.

Hy sê die mees belangrike deel van Mueller se opdrag was om vas te stel wat Trump se status was oor samewerking met die Russe.

Hy vra dat Mueller nou moet sê waarom het hy, toe hy by die punt gekom het dat hy en sy span besef dat die president nie ’n verbintenis van samewerking met die Russe gehad het nie, dit onverwyld bekend gemaak nie.

Politieke ontleders meen die moontlikheid bestaan dat Mueller opsetlik die feite verswyg het sodat die linkse media genoeg tyd kon kry om die president se moontlike betrokkenheid by samewerking kon uitbuit solank die verslag onafgehandel is.