VSA optrede laat olieprys styg

Die Amerikaanse regering het ’n ernstige waarskuwing gerig en gese geen regering sal verskoon word indien hulle dit sou waag om olie aan te koop van Iran wat tans gebuk gaan onder sanksies nie.

Indien ’n land sou waag om olie van Iran te koop, sal die VSA sy handel met daardie land stop, en dit het die olieprys weereens verder laat styg.

In ’n verklaring het die Wit Huis gesê die besluit is geneem ten einde te verseker dat Iran se olie na geen land uitgevoer word nie.

Amerika het sy waarskuwing in besonder gerig tot Indie, Sjina, Turkye, Griekeland, Italie, Japan, Suid-Korea en Taiwan, wat almal hulle grootste voorraad olie van die land koop.

Die VSA het die lande destyds ses maande tyd gegee om ander reëlings te tref met die aankoop van hulle olievoorraad, en die tyd het glo volgens ingeligte bronne, nou verstryk.