VSA: Hoof van Geheime Diens bedank

]

James Murray

Die direkteur van die Amerikaanse Geheime Diens, Randolph Alles, het bedank sonder om ’n rede bekend te maak.

Dit is die tweede senior lid in die veiligheidsdiens wat binne enkele dae hul bedanking aangekondig het uit die Departement van Binnelandse Veiligheid.

President Donald Trump se administrasie het die direkteur se bedanking bevestig sonder om redes daarvoor te verstrek.

Ingeligte bronne beweer dat Alles bedank het weens persoonlike konflik met die Geheime Diens, maar geen verdere besonderhede is bekend nie.

James Murray wat reeds etlike jare in die Amerikaanse geheime Diens werksaam is, sal van Meimaand die amp as direkteur beklee.