VSA Demokrate se droom aan skerwe

Senator Mike Leë

Die sosialisties gesinde Demokratiese Party van Amerika se leiers is diep teleurgesteld en hulle droom van twee jaar is aan skerwe.

Die waarheid kom nadat Senator Mike Leë, gesê het daar bestaan geensins voldoende bewyse om eers te probeer met ’n proses om President Donald Trump afgesit te kry as staatshoof nie.

Die Demokratiese Party het geen geheim daarvan gemaak dat hulle die geleentheid gaan kry om President trump uit die Wit Huis te verwyder op ’n klag van samewerking met Rusland tydens die Verkiesingsveldtog in 2016.

Die fopnuus waarmee CNN die Demokrate in die wolke gehou het met sogenaamde peilings dat Hillary Clinton die presidentsverkiesing gaan wen, was ’n harde slag vir die linkses met haar groot nederlaag teen Trump.

Daarna het die haatveldtog begin deur Trump te etiketteer as ’n man wat met die Russe saamwerk om Clinton te laat verloor. Daarmee het CNN televisiekanaal jubelend saamgewerk, maar toe Robert Mueller in sy verslag geen bewyse vir sulke bewerings kon opdiep nie, was die Demokrate weereens diep teleurgesteld en het hulle droom aan skerwe gespat.

Die drang om President Trump te verjaag uit die Wit Huis, het egter soos ’n brandende vuur in die haters se gemoedere gebly, maar dit is geblus toe Senator Mike Leë koue water oor hulle gegooi het deur bekend te maak dat die bewyse ontbreek om die president af te dank.