VSA Demokrate kry nog ’n taai klap

Die Russiese inmenging in die verkiesing van 2016 kry nog steeds aandag in die Amerikaanse politiek, veral nadat die Mueller-verslag dit duidelik maak dat President Donald Trump nie daarby betrokke was nie.

Die Demokratiese Party, onder leiding van Barack Obama, was toe die regeerders in die VSA, en Hillary Clinton die amptelike kandidaat van die Demokrate.

Vrae word nou gevra  oor die optrede van die Obama administrasie wat oënskynlik niks gedoen het om die Russiese inmenging teen te staan nie.

In plek daarvan het hulle met behulp van CNN ’n smeerveldtog begin om die Republikeine, en in besonder die huidige president, Donald Trump, te beskuldig as iemand wat met die Russe konkel.

Waarnemers vind dit merkwaardig dat die Demokrate, wat die Huis van Afgevaardigdes beheer, ook besluit het om nie die volledige verslag van Robert Mueller vry te stel nie.

Die vermoed bestaan dat die verslag te veel besonderhede bevat wat die Demokrate sal benadeel in die 2020 presidentsverkiesing.

Op advies van ’n regsgeleerde in die Demokratiese Party is ook besluit om die beoogde stryd om President Trump af te sit uit sy amp, te laat vaar.