VSA Demokraat Joe Biden in spervuur

Die voormalige visepresident van Amerika, Joe Biden, het verder in omstredenheid verval nadat nog meer vroue gekla het oor sy manier om hulle ongevraagd aan te raak.

Met die mees onlangse bekendmaking is daar nou reeds sewe vroue wat sê hulle is deur Biden op ’n wyse aangeraak wat verleentheid skep en dit gedoen het sonder toestemming.

Al die dames sê hulle is nie seksueel geteister nie, maar die ongevraagde optrede is onaanvaarbaar gevind.

In die jongste voorval wat bekendgemaak is, het Biden die dame se hande vasgehou ’n sy voorhoof teen hare gedruk, wat sy as uiters ongvraagd beskou het terwyl sy magteloos moes verdra wat hy doen.

Politieke ontleders sê Joe Biden was ’n goeie kandidaat wat deur die Demokrate gesteun kon word, maar met al die dames se besware teen sy optrede, het sy kans verswak.