Vroue vlug uit Saoedi-Arabië


Diskriminerende wette wat dekades lank die vroue in Saoedi-Arabië verontreg, is die hoofrede waarom vroue elk moontlike geleentheid gebruik om na ander lande uit te wyk.

Die mees onlangse voorval bekend is twee susters wat met die hulp van die sosiale media daarin kon slaag om na Georgië te vlug nadat hulp aangebied is om hulle uit die land te kry.

Die twee dapper vroue is deel van die stroom vroue wat wens verontregting in hulle geboorteland, elders ’n heenkome soek waar hulle menswaardigheid nie aangetas word nie.

Die regeerders in Saoedi het mt enkele toegewings begin deur vroue toe te laat om ’n bestuurslisensie te bekom, en later selfs toegelaat is om ’n voertuig op hulle eie naam te registreer.

Saoedi-Arabië is bekend vir sy diskriminerende wette en kulturele gebruike wat vroue feitlik geen regte toelaat nie, maar die koms van die internet het honderde vroue instaat gestel om land uit te vlug en elders ’n heenkome te vind.