Vrou wen presidentsverkiesing in Slowakye

Zuzana Caputova

“Staan op teen die sonde”, was die slagspreuk waarmee Zuzana Caputova, ’n liberale prokureur haar verkiesingsveldtog gevoer het om uiteindelik ook as wenner uit die stryd te tree..

Zuzana Caputova is die eerste vroulike kandidaat wat in die land as president verkies word, en haar oorwinning is nog merkwaardiger omdat sy geen vorige politieke ervaring het nie.

Met haar oorwinning in die tweede en finale rondte van die verkiesing het sy die meer konserwatiewe regerende party uit die kussings gelig.

In haar veldtog het sy deurlopend die korrupsie en misdaad uitgewys wat haar heel gou die meer gewilde kandidaat gemaak het.

Met byna al die stemme getel, wen Zuzana Caputova met 58% van die stemme teenoor 42% van die regerende party se kandidaat.

Die 45-jarige omgewingsbewuste kandidaat en anti-korrupsie aktivis is ten gunste van die toekenning van regte vir die homoseksuele en ’n sterk voorstander vir die verbod op aborsie.