“Vrede Melkplaas” verhoor begin

Vrede Melkplaas

Die omstrede projek van die sogenaamde werkskepping met ’n suiwelboerdery net buite die Vrystaatse dorp Vrede, se openbare verhoor het begin met die Openbare Beskermer op die voorpunt.

Na wat verneem word, het die OB ’n lang lys van name wat glo kan getuig van “hoeveel hulle verloor het” met die projek waarby die Gupta familie saam met die Vrystaat se ANC regering gekonkel het.

Die lede van veral die swart gemeenskap van Vrede, is betrek by die omstrede projek, waarvan die winsgewendheid van dag een bevraagteken is dur landbou kenners.

Die OB, wat deur meningsvormers beskou word as ’n Zuma ondersteuner omdat die voormalig ANC president haar aangestel het, se staal sal getoets word in die ondersoek waarby Zuma se vriende ook betrokke was.

Ace Magashule was premier van die Vrystaat toe die ANC regering saam met die Guptas begin het met die melkplaas. Die ANC regering in die Vrystaat het miljoene Rand in die projek belê, en Ace Magashule, was op die voorpunt met die besluite aangaande die projek.