VN beveel Libië om konflik te stop

’n Toename in die gevegte in Libië het die moontlikheid om in ’n volskaalse konflik te ontaard tussen die strydende magte, is die waarskuwing wat deur die Verenigde Nasies (VM) se Sekretaris-generaal,  Antonio Guterres, gerig is.

In ’n lugaanval is die hoofstad se enigste lughawe sodanig beskadig dat vlugte daarheen en daarvandaan gestaak moes word.

Die VN het in ’n verklaring die gevegte sterk veroordeel en weer ’n beroep op die strydende magte se leiers gedoen om dialoog te voer in plaas van menselewens op die spel te plaas.

Die VN se Sekretaris-generaal het gesê die magte moet onmiddellik hulle militêre operasies stop ten einde te voorkom dat die konflik verder uitbrei.

Hy sê die uitbreiding van militêre operasie in en rondom die hoofstad Tripoli en lugaanvalle op die lughawe kan nie voortgaan nie want die land en sy inwoners word daardeur benadeel.