Verkiesings en Beloftes

Suid-Afrika gaan binnekort sy kiesers na die stembusse lok, en politici maak onhaalbare beloftes aan oningeligte kiesers en herhaal die ou beloftes van 25 jaar gelede, en so baie verlaat hulle op daardie onsinnige beloftes.

Sedert 1994 word ’n hemelse toekoms geskilder aan die goedgelowige kiesers wat in hulle onkunde alles glo wat aan hulle opgedis word.

Duisende woonhuise, baie werksgeleenthede, skoon water, elektrisiteit en verhoogde salarisse is maar ’n porsie van die belofts wat elke vyf jaar aan die kiesers voorgehou word.

Die beloftes vir vanjaar word nog verder gerek, want grond gaan hulle kry, en word so ingekleur dat die onervare, oningeligte mense al kan sien hoe word hulle oornag skatryk.

Die waarheid tref hulle elke keer na die verkiesing: Nie huise nie, vrot besoedelde water, Eskom se onvermoë, en swaar arbeid op grond wat nie rykdom bring nie, terwyl werksgeleenthede al minder word.

Selfs baie van die blankes is naïef genoeg om van die beloftes te eet vir soetkoek, en ander stem selfs vir die korruptes in die regering, met die hoop dat hulle na die verkiesing voordeel daaruit gaan kry.

Die Vryburger is geen profeet nie, maar wil kiesers vermaan oor hoe die toekoms vir ons lyk:  Die goeie nuus is dat ons verlede jaar beter daaraan toe was as nou, en die slegte nuus is dat dit vorentoe nie so goed sal gaan as wat dit nou is nie.

Die ou Republiekvlag van Oranjee, Wit en Blou, wat menige Afrikaner steeds hoog ag, bly deel van hierdie land se geskiedenis – onuitwisbaar – maar die president glo dat dit die nasie verdeel, maar hy moet sy huiswerk gaan doen – onder daardie vlag was die land ’n model van ekonomiese groei, vrede en harmonie.