Verkiesing: Met of sonder Ramaphosa

In ’n eksklusiewe onderhoud met Die vryburger, het ’n politieke deskundige van Pretoria gesê Suid-Afrika sal geensins verander of verbeter na die verkiesing nie.

Hy sê as die ANC regering sou besluit om na die Verkiesing ontslae te raak van hulle huidige president, Cyril Ramaphosa, sal dit geen wesentlike verandering teweegbring nie.

Selfs al sou ’n ander politieke party soos die DA die meerderheid stemme trek, sal daar steeds geen verandering wees nie aangesien dieselfde werkerskorps in die staatsdepartemente sal sit wat nog nie ’n werketiek van groter verantwoordelikheid aangeleer het nie.

Om dus te dink dat dit goed sal wees as iemand anders die president word, ’n verandering sal meebring, leef in ’n gekke paradys, het hy gesê.